Hier sal ek boer

Om in Suid-Afrika te boer is meer as net oeste afhaal en krale bou. Dit is dieper as die saad wat geplant word en die slote wat gegrou word. Om in Suid-Afrika te boer is die voorsiening van more se bord kos, die onderhoud van Moeder Natuur, die harde werk al voor die son sy strale oor die horison steek, die volharding deur droogte en pes, die konstante gebid vir water uit die hemele en die streef na voorsiening vir die volgende geslagte.

In Suid Afrika ervaar ons boere groot uitdagings. Uitdagings soos jaarlikse droogtes, die uitbreek van peste en siektes, plaasmoorde, stropery, en meer. Baie voel hulle wil verkoop, en baie voel hulle wil groener weivelde gaan soek, maar ons kan nie sonder hierdie rolmodelle nie. Daarom stig die Helpende Hand Studietrust die Hier sal ek boer-studiefonds.

Hierdie fonds se mandaat is om seker te maak dat studiekostes nie nog ʼn uitdaging vir ons landbou- en natuurhelde is nie.  Elke student wat wil studeer, moet kan studeer. Die volgende studente kan vir studiehulp deur die Hier sal ek boer-studiefonds aansoek doen:

  • hulpbehoewende studente wie se ouers (se plase) deur droogtes, ramptoestande, stropery of plaasmoorde aangeraak is en in enige rigting by ʼn geakkrediteerde tersiêre instelling in Suid Afrika wil studeer; of
  • hulpbehoewende studente wat graag in enige landbou- of natuurbewaringsrigting by ʼn geakkrediteerde tersiêre instelling in Suid Afrika wil studeer.
youtube-video-thumbnail

Hoe kan jy 'n bydrae maak?

Skenk hier

Donasie aan AlumniVirAfrikaans

  • R0.00
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Testamentêre bemakings

Laat ʼn blywende erfenis na en oorweeg die Helpende Hand Studie Trust as ʼn begunstigde in u testament.

 

Besoek Testamentêre Bemakings

Bou Beroepe

Jy kan 'n REUSEVERSKIL IN 'n jongmens se LOOPBAAN MAAK!

Besoek #BaanDieWeg

Scroll to Top